Waterstof se kleure

Waterstof se kleure is 'n begrip uit die debat oor hernubare energie.

Waterstof is 'n kleurlose gas en dit maak dit 'n bietjie snaaks om oor die kleure van waterstof te praat. Tog word dit gedoen. In die jare 2010 en 2020 het die bespreking oor die element se rol in die oorgang van fossielbrandstowwe na hernubare energie baie sterker geword. Dit gaan hier oor die manier waarop waterstof verkry word, en waterstof word 'n denkbeeldige kleur toegeken, gekoppel aan sy bron.

Waterstof word egter reeds jare lank gebruik in die industrie vir verskeie doeleindes, soos die produksie van ammoniak waaruit kunsmis vervaardig word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy